Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 20 Maart 2025)

AANVAAR

Dr EP (Ronel) Meylahn vroeër van Universiteitsoord na Durbanville; ds WG (Waldemar) Stumpfe van Ficksburg na Biggarsbergvallei.

WES-KAAPLAND

AANVAAR

Dr Ronel Meylahn van die Evangelische Berufsschule in Dresden, Duitsland, het die beroep na Durbanville-gemeente (NGK), aanvaar. Diensaanvaarding is op 1 Augustus 2025. (Jackie Pretorius, bestuurder: steundienste: Durbanville-gemeente, 19.03.2025).

KWAZULU-NATAL

AANVAAR

Ds WG (Waldemar) Stumpfe van die NG Gemeente Ficksburg het die beroep na die NG Gemeente Biggarsbergvallei (Dundee) aanvaar. Sy bevestiging vind op Sondag, 06 April 2025 plaas. (Jorieta Lauwrens, Admin Beampte: NG Gemeente Biggarsbergvallei, 18.03.2025).

GOUDLAND

DEMISSIE

Ds NB (Nico) Roux het op 2 Maart 2025 sy afskeidspreek in die NG Gemeente Makwassie gelewer. Hy ontvang by die geleentheid sy akte van demissie met die verstryking van sy termyn op 28 Februarie 2025. (Christine Koegelenberg, skriba-kassier: NG Gemeente Makwassie, 20.03.2025).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top