- Hierdie kennisgewings is op 20 Maart 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
AANVAAR
Dr EP (Ronel) Meylahn vroeër van Universiteitsoord na Durbanville; ds WG (Waldemar) Stumpfe van Ficksburg na Biggarsbergvallei.
WES-KAAPLAND
AANVAAR
Dr Ronel Meylahn van die Evangelische Berufsschule in Dresden, Duitsland, het die beroep na Durbanville-gemeente (NGK), aanvaar. Diensaanvaarding is op 1 Augustus 2025. (Jackie Pretorius, bestuurder: steundienste: Durbanville-gemeente, 19.03.2025).
KWAZULU-NATAL
AANVAAR
Ds WG (Waldemar) Stumpfe van die NG Gemeente Ficksburg het die beroep na die NG Gemeente Biggarsbergvallei (Dundee) aanvaar. Sy bevestiging vind op Sondag, 06 April 2025 plaas. (Jorieta Lauwrens, Admin Beampte: NG Gemeente Biggarsbergvallei, 18.03.2025).
GOUDLAND
DEMISSIE
Ds NB (Nico) Roux het op 2 Maart 2025 sy afskeidspreek in die NG Gemeente Makwassie gelewer. Hy ontvang by die geleentheid sy akte van demissie met die verstryking van sy termyn op 28 Februarie 2025. (Christine Koegelenberg, skriba-kassier: NG Gemeente Makwassie, 20.03.2025).