- Hierdie kennisgewings is op 28 Maart 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds SA (Stian) Bloem van Culembeeck na Louis Trichardt; ds JD (Kobus) de Kock (emeritus) van Langebaan na Griekwastad; ds CA (Cecil) van der Merwe van Kerk-in-Suid na Doornpoort.
AANVAAR
Prop I (Izanne) Ellis na Vaalwater/Waterberg; ds SH (Sharné) van der Walt van Wonderboom na George-Suid.
WES-KAAPLAND
AANVAAR
Ds Sharné Heléna van der Walt (vroeër van NG Kerk Windhoek-Wes en tans NG Kerk Wonderboom) het die beroep na die NG Kerk George-Suid aanvaar en sal DV vanaf 1 Mei 2025 in diens van die gemeente wees. Sy sal as gevolg van verskeie vakansiedae en langnaweke eers op Sondag 11 Mei 2025 (DV) as medeleraar in die gemeente bevestig word. (Susan Mong, administratiewe beampte: NG Kerk George-Suid, 23.03.2025).
NOORD-KAAPLAND
BEROEP
Ds JD (Kobus) de Kock, emeritus-leraar van Langebaan is op 19 Maart 2025 beroep na die NG Gemeente Griekwastad, Noord-Kaap. (Natasha Beets, saakgelastigde: NG Gemeente Griekwastad, 28.03.2025).
KWAZULU-NATAL
BEVESTIGING
Die bevestiging van ds Jeandré Slabbert, voorheen van die NG Gemeente Villieria, geskied op 6 April 2025 by die NG Gemeente Margate. Ds Lerisa Meyer sal hom bevestig. (Ds Lerisa Strydom, leraar: NG Gemeente Margate, 28.03.2025).
NOORDELIKE
BEROEP
Ds Stian Bloem van die NG Kerk Culembeeck, Witpoortjie, Gauteng, is tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op 23 Maart 2025 beroep na die NG Kerk Louis Trichardt Moedergemeente as medeleraar met opdrag Jeug, Gesinne en Kleingroepe. (Ds Jan Pretorius, kerkraadvoorsitter en Voorsitter: Ringskommissie van Ring van Louis Trichardt, 24.03.2025).
Ds CA (Cecil) van der Merwe van Kerk-in-Suid na Doornpoort Gemeente. (Nicolene Smuts, Doornpoort Kerkkantoor, 28.03.2025).
BEVESTIGING
Prop Izanne Ellis het die beroep na Vaalwater/Waterberg in kombinasie aanvaar. Sy bevestiging vind op Saterdag 3 Mei 2025 om 15:00 in Vaalwater plaas, met sy intreepreek op 4 Mei 2025 om 9:30 in Vaalwater. Op Sondag 11 Mei 2025 om 9:00, word hy in Waterberg ontvang. (Vivienne van der Merwe, finansiële beampte: NG Gemeente Waterberg, 26.03.2025).
Dr Annette Potgieter van die Departement Nuwe Testament, Universiteit van Pretoria, word op Sondag 31 Maart 2025 as gekoppelde leraar bevestig by die NG Gemeente Universiteitsoord. (Anuschka Smit, kerkraadvoorsitter: NG Gemeente Universiteitsoord, 27.03.2025).