Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Badisa | Jak de Priester en Badisa span saam met lied wat vir kinders wil sê ‘Jy is special’

Badisa het saam met sanger en liedjieskrywer, Jak de Priester, gewerk aan die vrystelling van ’n splinternuwe liedjie getiteld ‘Jy is Special’. Hierdie liedjie is spesiaal geskryf vir Badisa se Kuumba Care inisiatief en verkondig die boodskap dat elke kind waardevol is, raakgesien moet word, en liefde en ondersteuning verdien.

Die liedjie is saam met ’n kleurvolle musiekvideo vrygestel waarin leerders van Laerskool Uitsig, inwoners van Parow Senior Sentrum, Carlene Slayters en haar dansvennoot sowel as die Kuumba karakter verskyn. Lees meer oor die liedjie en Kuumba Care hier.

No data was found
Scroll to Top