Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Andrew Murray-prys is vanjaar toegeken aan Cas Vos vir die publikasie Geloofsgedigte (Naledi).

Cas Vos wen Andrew Murray-prys + ander wenners vir 2025 bekend 

Vanjaar se wenners van die onderskeie pryse en toekennings van die Andrew Murray-Desmond Tutu Prysfonds is op 29 April aangekondig. Die prysoorhandigings sal op 30 Mei vanjaar by die Kunstekaap plaasvind.

LEES OOK: Hou Kerkbode se boekeblad dop vir ‘n volledige oorsig van die wenpublikasies

“Die pryse dien veral as aansporing en erkenning vir skrywers om gehalte publikasies op teologiese en Christelike gebied in al ons landstale te lewer,” het Bettina Wyngaard, voorsitter Andrew Murray-Desmond Tutu Prysfonds, in ’n verklaring gesê. 

“Die toekennings dien as eerbetoon om erkenning te bied aan buitengewone bydraes om versoening, eenheid en geregtigheid, ook in omgewingsbewaring, teweeg te bring.” 

 

Andrew Murray-prys

Geloofsgedigte– Cas Vos (Naledi)

Andrew Murray Desmond Tutu-prys

The Bell, Banners and Blasphemy – Alan Storey (A Slow Walk Books)

Desmond Tutu Gerrit Brand-prys vir debuutwerk

Christian Nationalism and Anticommunism in Twentieth Century South Africa – Ruhan Fourie

Uitgegee deur die Christelike Lektuurfonds (CLF) se handelsmerk Barnabas Academic (Oorspronklik uitgegee deur Routledge). 

CLF-Elise Tempelhoff Toekenning vir Omgewingsbewaring en –Geregtigheid

Prof Jacques Beukes

 Jaap Durand-Denise Ackermann Toekenning vir Eenheid, Geregtigheid en Versoening

Dr Lucille Meyer

 ——————————————————————-

Meer oor die prysfonds:

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top