Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Kerk

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 23 Mei 2025)

AANVAAR

Ds CE (Charl) Bredell (emeritus) na Waterberg; dr CJ (Hannes) Reinecke van Secunda-Oos na Amersfoort; ds DS (Dean) Reiners van Birchleigh na Meerensee; prop E (Eliza) van der Westhuizen as diensleraar na Sondagsriviermond.

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Prop Eliza van der Westhuizen is op 18 Mei 2025 as diensleraar in die NG Kerk Sondagsriviermond bevestig. (Estelle Pentz, skriba: NG Kerk Sondagsriviermond, 21.05.2025).

KWAZULU-NATAL

BEROEP

Die NG Gemeente Meerensee het tydens ’n kerkraadsvergadering, gehou op 6 Mei 2025, vir ds David Schalk (Dean) Reiners beroep vanaf NG Gemeente Birchleigh, Kemptonpark. (Annolien Liebenberg, kantoorbestuurder: Meerensee, 19.05.2025).

NOORDELIKE

BEVESTIGING

Geborg

Emeritusleraar ds CE (Charl) Bredell het die beroep na die NG Gemeente Waterberg aanvaar. Sy bevestiging en ontvangs vind op Sondag 8 Junie 2025 om 09:00 in Waterberg plaas. (Vivienne van der Merwe, finansiële beampte: Waterberg NG Gemeente, 19.05.2025).

OOSTELIKE

BEVESTIGING

Dr CJ (Hannes) Reinecke van Secunda-Oos het die beroep na NG Gemeente Amersfoort aanvaar. Hy word op 08 Junie 2025 bevestig en sal ook sy intreepreek lewer. (Elize Coetzer, saakgelastigde: NG Gemeente Amersfoort, 20.05.2025).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top