- Hierdie kennisgewings is op 23 Mei 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
AANVAAR
Ds CE (Charl) Bredell (emeritus) na Waterberg; dr CJ (Hannes) Reinecke van Secunda-Oos na Amersfoort; ds DS (Dean) Reiners van Birchleigh na Meerensee; prop E (Eliza) van der Westhuizen as diensleraar na Sondagsriviermond.
OOS-KAAPLAND
BEVESTIGING
Prop Eliza van der Westhuizen is op 18 Mei 2025 as diensleraar in die NG Kerk Sondagsriviermond bevestig. (Estelle Pentz, skriba: NG Kerk Sondagsriviermond, 21.05.2025).
KWAZULU-NATAL
BEROEP
Die NG Gemeente Meerensee het tydens ’n kerkraadsvergadering, gehou op 6 Mei 2025, vir ds David Schalk (Dean) Reiners beroep vanaf NG Gemeente Birchleigh, Kemptonpark. (Annolien Liebenberg, kantoorbestuurder: Meerensee, 19.05.2025).
NOORDELIKE
BEVESTIGING
Emeritusleraar ds CE (Charl) Bredell het die beroep na die NG Gemeente Waterberg aanvaar. Sy bevestiging en ontvangs vind op Sondag 8 Junie 2025 om 09:00 in Waterberg plaas. (Vivienne van der Merwe, finansiële beampte: Waterberg NG Gemeente, 19.05.2025).
OOSTELIKE
BEVESTIGING
Dr CJ (Hannes) Reinecke van Secunda-Oos het die beroep na NG Gemeente Amersfoort aanvaar. Hy word op 08 Junie 2025 bevestig en sal ook sy intreepreek lewer. (Elize Coetzer, saakgelastigde: NG Gemeente Amersfoort, 20.05.2025).