Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die interkerklike netwerk, Respond SA, vra gemeentes se hulp by hulle ramphulp aan vloedslagoffers in die Noorde. Foto: PresidencyZA/photos

Elders gesien: Netwerk vra hulp met rampondersteuning in Mpumalanga en Limpopo

Na erge vloede in die Noorde van die land is Respond SA besig om rampondersteuning te bied aan plekke soos Phalaborwa en Witrivier in Mpumalanga asook Komatipoort en Louis Trichardt in Limpopo.

Dr Nioma Venter het onlangs meer oor die interkerklike netwerk, Respond SA, asook hoe gemeentes by hierdie ramphulpplan kan inskakel vertel op die Facebookblad NG Kerk Algemene SinodeSy noem dat geldelike bydraes sowel as donasies van items soos babadoeke, formulemelk, vaseline, aquaous room, klere, komberse en nie-bederfbare voedsel inbetaal of afgelewer kan word by Kerksondermure (KSM). Die kontakpersoon hieroor is KSM se Anne-marie Cronje: 012 663 2003 uitbreiding 253.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top