Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Vanjaar se Wêreldbiddag vir Vroue word op Vrydag 6 Maart 2026 gehou. Die vroue van Nigerië het die program vir 2026 saamgestel rondom die tema ‘Kom, Ek sal jou rus gee’. Kunswerk deur Amarachi Ottah

Elders gesien | 2026 Wêreldbiddag vir vroue se tema: ‘Kom, Ek sal jou rus gee’

Vanjaar se Wêreldbiddag vir Vroue word op Vrydag 6 Maart 2026 gehou. Die vroue van Nigerië is gevra om die program vir 2026 saam te stel rondom die tema ‘Kom, Ek sal jou rus gee’.

Volgens hierdie internasionale beweging se webblad, verken die vroue, aan die hand van Matteus 11:28-30, verskillende tipes laste (soos skaamte, godsdienstige vervolging, armoede en wanhoop) en bied insigte rondom die vind van rus in God. 

Die programme vir die gebedsdag is beskikbaar in nege van Suid-Afrika se amptelike tale. Klik hier vir die Afrikaanse program met inligting en riglyne vir gemeentes en gebedsgroepe.

Dit is vanjaar die 96ste keer dat Suid-Afrika deel is van hierdie wêreldwye beweging wat gelowiges elke jaar op die eerste Vrydag in Maart in ’n dag van gebed verenig. Die gebedsdag word tans in meer as 170 lande op al sewe kontinente gehou. 

Meer oor Nigerië

Die sendingorganisasie, Geopende Deure Internasionaal (OD), lys Nigerië onder die tien lande waar Christene die ergste vervolg word. Sowat 3 490 mense is laasjaar in Nigerië weens hulle geloof doodgemaak is berig OD in hulle jaarlikse Wêreldwaarnemingslys (WWL) wat op 14 Januarie 2026 bekendgestel is. Dit is die meeste in enige land. Verskeie terreurgroepe is in hierdie land aktief wat blykbaar Christene in besonder teiken vir godsdienstig gemotiveerde aanvalle. 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top