In die kerk hoor ons baie oor wat dit beteken om oor jou geloof te getuig, maar wat van geloof op die pad? Met Paasnaweek om die draai, een van die besigste tye op ons paaie, fokus ons in hierdie Kollig-episode op wat met mens agter die stuurwiel gebeur.
Sielkundige Erich Schoeman verduidelik wat is van die oorsake van padwoede en deel wenke vir hoe om stresvolle situasies op die pad anders te hanteer. Ons gesels ook met dr Nioma Venter oor ‘Op weg met Jesus’, ’n nuwe gebedsgids saamgestel deur die Algemene Taakspan Evangelisasie spesifiek met die oog op Paasfees. Sy verduidelik waar die idee vandaan gekom het en hoe dit gebruik kan word om gefokus te bid en getuig.
Vind meer uit oor die gebedsgids en laai dit af HIER.
- Dr Nioma Venter is die Algemene Sekretaris van die NG Kerk Algemene Sinode.
