Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Resensie | Kritiese selfrefleksie oor wit bevoorregting en genesing

Justice, grief, and Christ’s pathways to wholeness deur James Goddard (red)
Uitgewer: Wipf & Stock, 2026

Resensent: Wimke Jurgens

Hoe leef ek as ’n getroue volgeling van Jesus – wat myself in my lyf bevind (eggenoot, wit, Suid-Afrikaner, Afrikaner, bevoorreg, dominee, ens) – in hierdie wêreld waar onreg, diskriminasie, eiebelang en haat genormaliseer word (grootliks deur medegelowiges!), te midde van die sloer van my alledaagse lewenstake en terwyl ek steeds groei na die heelheid en volheid in Christus?

Hierdie vraag spook by my en ek spook daarmee terug.

Daar is natuurlik baie maniere en baie invalshoeke om hierdie vraag te ontleed en te beantwoord. In Justice, grief, and Christ’s pathways to wholeness poog die redakteur, James Goddard, om hierdie vraag te ondersoek nav die nadenke van drie wit Afrikanermans met NG Kerk-wortels (Faure Louw, Laurie Gaum en Cobus van Wyngaard) oor elk se eie lewenspad. Wit Afrikanermans? Ja, miskien gepas in ag genome die leidende vraag waarmee die boek die probleem wil aanspreek, naamlik: How have white, generationally privileged Christians in South Africa responded in our context to Christ’s invitation to act justly, love mercifully, and live humbly into authentic wholeness, embodying the faith of Christ among the marginalized, rather than subscribing to faith in Christ from a position of power?

Nie deur argumente of teorieë nie, maar deur kritiese self-refleksie oor ’n geleefde lewe, gee elkeen van die drie ’n “autobiographical vignette”. Dit is dan waarskynlik die waarde van hierdie boek – nie een teorie of antwoord nie, maar eerder ’n uitnodiging aan elke leser om eie insigte uit die verskillende lewensverhale te ontdek. Soos John de Gruchy in die nawoord noem: So maybe the stories recorded here will jolt us into writing the next chapter of our stories differently – perhaps less as a record of the journey of our self and more as a testimony as to its meaning, its struggles, and its direction.

Beskikbaar by loot.

Ds Wimke Jurgens is predikant by die NG Kerk Goodwoodpark.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top