Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

'n Handjievol geloofsleiers het Dinsdag 30 Junie vir gebed en stil protes op die trap van die Anglikaanse St George-katedraal vertoef terwyl protes-aksie teen onwettige migrante verder op met Waalstraat plaasgevind het.

Optogte teen onwettige burgers: Klein groepie geloofsleiers bied stil protes

“Ons leef daagliks in vrees,” het Zodwa Booi, ’n Wes-Kaapse leier van Operation Dudula op Dinsdag 30 Junie verduidelik oor haar organisasie se energieke teenstand teen onwettige immigrante.

Booi verwerp die stelling dat dit ’n veralgemening is om te beweer dat veral buitelanders misdaad pleeg. Sy gee wel toe dat Suid-Afrikaners ook hulself op groot skaal daaraan skuldig maak. “Ons moet ontslae raak van mense wat nie van hier is nie, dat ons ons eie misdadigers kan regsien,” het sy tydens ’n betoging in Waalstraat in die Kaapse middestad aan Kerkbode gesê.

Talle ander betogings teen onwettige migrante het Dinsdag in die provinsie en landwyd plaasgevind. ’n Klipgooi met Waalstraat af, het sowat 20 geloofsleiers in stil protes op die trappe van die St George-katedraal vergader, met A4-blaaie waarop woorde soos waardigheid en geregtigheid in swart ink gedruk is.

Die vorige aand het geloofsleiers gaan hulp verleen by die Vlugtelingsverwelkomingsentrum in Epping, waar byna 2 000 Zimbabwiërs wie se papierwerk nie in orde is nie in snerpende koue op repatriasie gewag het.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top