Die Suider-Afrikaanse Kerk- en Konsertorrelistevereniging (SAKOV) nooi orreliste én liefhebbers van orrelmusiek, wat insluit kerkmusici, akademici en nuuskieriges, almal uit na sy Vierde Nasionale Orrelsimposium wat van 3 tot 5 September 2026 in dorpe soos Stellenbosch en die Paarl in die Kaapse Wynland aangebied word.
Konserte, meesterklasse, praktiese werksessies sowel as ’n solisoptrede van die Belgiese orrelis, prof. Luc Ponet, saam met die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes vorm alles deel van die simposium se omvattende program. Ook ingesluit is paneelgesprekke rondom temas soos die toekoms van die kerklied, bewaring van pyporrels en die orrelis se geestesgesondheid.
Belangstellendes kan meer oor die program lees in die SAKOV-verklaring onder.
