Hugenote Kollege berig onlangs as volg: Het jy ’n roeping, maar kon nooit daardie roeping ten volle uitleef nie? Of het jy dalk ’n passie, iets of iemand wie die Here op jou hart lê, maar jy is nie seker waar om te begin nie? Sien jy dalk ’n uitdaging of ’n geleentheid in jou eie plaaslike konteks wat aangespreek moet word? Dan roep die Here jou dalk om in te skryf vir een van die missionale bane van teologiese opleiding!

As deel van die missionale bane van teologiese opleiding, word lidmate uitgenooi om in te skryf vir die Kerkgeakrediteerde sertifikaat in Teologie (KAST). Dit stel gelowiges in plaaslike gemeentes en kontekste bloot aan Gereformeerde Teologie, Kerkeie Opleiding en praktiese hulpmiddele om jou te help om die Koninkryk te dien op ‘n besonderse manier!
Woon gerus ons inligting-sessie by om meer te hoor oor hierdie wonderlike geleentheid.
Ons hoop om jou daar te sien!”
Bron: Inligting aan Kerkbode verskaf
