Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

“Hoe kan ons getuig oor die lewende Christus sodat ons omgewing en gemeenskappe ’n getuienis is van God se voorkeurtoekoms?” wou dr Frederick Marais by 'n onlangse slypskool vir "plaaslike publieke getuienis" by deelnemers weet.

Plaaslike verkiesing (4 November): ‘Gemeentes is nie eilande nie’

“As ons nie uit die siklus van apatie kom nie, het ons nie invloed nie,” was een van die gevolgtrekkings onder deelnemers aan ‘n eendag-slypskool wat op 21 September op Ceres by NG Kerk Ceres aangebied is.
In aanloop tot die munisipale verkiesing op 4 November het dr Frederick Marais van Hugenote Kollege se Sentrum vir Sosiale Innovasie die geleentheid gelei, met deelname van leiers vanuit die NGK en VGK in die ring van Tulbagh en enkele gaste. Die sprekers was adv Hanlie Linde en Monwa Mpeluza (foto hieronder). Linde is die munisipale bestuurder by die Bergrivier-munisipaliteit. Mpeluza is direkteur: korporatiewe dienste by Witzenberg-munisipaliteit. Sien Linde se voorlegging onderaan hierdie berig. – Red. 
Linde se pleidooi is vir deelname. “Net dooie visse swem saam met die stroom,” sê sy in ‘n stadium tydens haar energieke voorlegging. Haar vertrekpunt is die verspreiding van die nodige inligting: Daar is 257 munisipaliteite (en agt metros) in Suid-Afrika, maar weet Suid-Afrikaners regtig wat hulle van hierdie instellings kan verwag en hoe om ’n invloed op hul werksaamhede uit te oefen? Meer spesifiek vir geloofsgemeenskappe wil sy vra: Weet julle hoe julle dorp hande kan vat met die munisipaliteit? En met watter doel in gedagte? So antwoord Marais die vraag: “Dat ons dorp ’n beter einde het.”
Dr Frederick Marais

Op toerustende wyse het Linde en Mpeluza dié groep van 30 ’n paar konkrete antwoorde bied op die vraag: Wat is die rol wat geloofsleiers in munisipaliteite kan speel?

Praat saam in die kommentaarveld hieronder: Is jy betrokke by die wyksraad op jou dorp of in jou stad?

Ds Alex Clark se gemeente op Ceres het gasheer gespeel vir die geleentheid.
Kerkbode het die geleentheid bygewoon om te berig oor die wyse waarop Marais hoop om die verstaan van “plaaslike publieke getuienis” te verruim tot iets waaraan lidmate op dorpsvlak deelneem. “Hoe kan ons getuig oor die lewende Christus sodat ons omgewing en gemeenskappe ’n getuienis is van God se voorkeurtoekoms?” wou Marais weet.
———————-
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Gesels saam

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Scroll to Top