Die NG Gemeente Universiteitsoord bied op Woensdagaand 14 Oktober die eerste van ’n reeks musiekkonserte aan om die herinwyding van hulle 59 jarige pyporrel te vier.
Dit kom na ’n omvattende restaurasieproses in 2025-2026. Volgens dr Isabelle van Rensburg, orrelis, is hierdie ’n belangrike Suid-Afrikaanse instrument om te bewaar.
“Met meer as 3 000 pype is dit een van die groter kerkorrels in Suid-Afrika. Dit word nie alleen vir die begeleiding van eredienste nie, maar ook as ’n volwaardige konsertinstrument benut. Oor die afgelope 59 jaar het die orrel ’n belangrike plek in die gemeente se musiektradisie ingeneem en het talle Suid-Afrikaanse en internasionale orreliste ook daarop opgetree,” sê sy luidens ’n verklaring deur die gemeente.
Die amptelike sleuteloorhandiging van die gerestoureerde instrument aan die gemeente vind ook op 14 Oktober plaas. Die musici vir die aand sluit in dr Isabelle van Rensburg, prof Theo van Wyk, prof Albert Troskie, dr Erika Bothma Troskie, Braam van Tonder en Zanta Hofmeyr.
Tyd en plek: 18:30 NG Universiteitsoord, Pretoria
Kaartjies kos R100 en is by die deur beskikbaar.
