Ondersteun só betroubare kerkjoernalistiek en oop gesprek
Geagte Kerkbode-leser
Die behoefte aan betroubare en gebalanseerde kerkjoernalistiek groei by die dag.
Jou ondersteuning stel Kerkbode in staat om voort te bou op ’n geskiedenis wat terugstrek tot Januarie 1849 toe die eerste Kerkbode verskyn het met die oorspronklike doel om “godsdienskennis te versprei”.
Skenk R20 per maand |
Skenk R240 per jaar |
Ons wil nie ’n betaalmuur rondom www.kerkbode.co.za se stories, amptelike nuus, briewe, rubrieke en vakatures oprig nie. Ons wil kerknuus toeganklik hou. Ons wil voortbou op die groei wat ons die afgelope drie jaar aanlyn beleef het. Dáárom het ons jou hulp nodig: Om ’n volhoubare en innoverende kerknuusdiens te wees, moet ons die afname in intekenaars op die gedrukte koerant aanvul met digitale inkomste.
Ons nooi jou graag uit om ’n Vriend van Kerkbode te word. Jy het twee maklike opsies om ’n verskil te maak:
- Gee ’n maandelikse donasie van R20
- Gee ’n jaarlikse bydrae van R240
Skenk R20 per maand |
Skenk R240 per jaar |
Alternatief: Ondersteun deur EFT
Rekeningnaam: BYBEL-MEDIA
Absa-rekeningnommer: 40-5118-1699
Tak: ABSA BANK WYNLAND
Takkode: 632005
Swift-kode: ABSAZAJJ
Verwysing: epos en naam
KLIK HIER vir die aflaaibare debietordervorm. Voltooi dit en stuur dit terug na viona@tydskrifte.co.za
Ons doen ook ’n beroep op getroue lesers om deel te raak van ons aanlyngemeenskap deur:
- Die Kerkbode-toep af te laai (KLIEK HIER vir Android of KLIEK HIER vir Apple)
- In te teken op ons elektroniese nuusbrief. (KLIEK HIER om die vorm regs bo op die tuisblad te voltooi)
- Ons Facebook-bladsy te volg deur HIER TE KLIEK
- Die e-Kerkbode te lees … Hy lyk soos ’n koerant en hy blaai soos ’n koerant, maar jy kan nie jou braairooster met hom skoonmaak nie. Dit is die sogenaamde e-koerant of pdf-koerant. By dié SKAKEL lê al die uitgawes.
- Jy kan die e-koerant per Whatsapp ontvang deur die vorm hieronder in te vul.
Kortom: In 2020 het meer as 200 000 lesers altesaaam meer as 1,1 miljoen keer op Kerkbode-stories gekliek, volgens Google Analytics. In dieselfde jaar het vele gemeentes ongelukkig hul intekening op die gedrukte koerant gestaak weens die pandemieverwante perke op eredienste (die vernaamste verspreidingspunt vir die papierkoerant). Dis nou tyd om lojale Kerkbode-lesers om ondersteuning te vra.
Met dank uit Wellington
Die Kerkbode-span
Le Roux Schoeman, Kerkbode-redakteur: leroux@bmedia.co.za
Donasie-navrae: Kontak Viona Ross by viona@tydskrifte.co.za