Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Deeltydse Vastetermyn-Leraar
Sluitingsdatum: 29 Februarie 2016.
Ons stel in biddende afhanklikheid die pos van ’n deeltydse vastetermyn-leraar van een jaar bekend.
Die gemeente is in ’n oorgangstyd na die aftrede van sy vorige leraar.
Die kandidaat moet bereid wees om die take van Art 9 in die gemeente te verrig en om saam met ’n brugkonsultant te werk om die oorgangstyd te bestuur en langtermynbeplanning te doen.
Die vergoedingspakket sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
CV’s met drie referente moet ons teen, Maandag, 29 Februarie 2016, bereik.
CV’s moet elektronies gestuur word na die skriba (grv@vrst.co.za) of die konsulent van die gemeente, ds Alwyn Landman (alandman@lantic.net).
**Slegs elektroniese CV’s sal oorweeg word.
Navrae kan gedoen word by Gladys Vorster (skriba) tel: 031 464 3251 sel: 082 296 8785 of ds Alwyn Landman (konsulent) tel: 031 266 2181 sel: 072 817 0462.
Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en moontlike preekbeurt.
Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.