Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Koës (Namibië)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Vastetermyn-kontrakpos vir twee jaar

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2016

Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord op ’n vastetermyn-kontrak van twee jaar met die opsie

om verder te verleng.

GEMEENTEPROFIEL:

Koës is ’n plattelandse gemeente, geleë 130 km noordoos van Keetmanshoop in die suide van Namibië.

Lidmaattal: 115 volwasse lidmate waarvan 50 ouer as 60 is.

Vyf wyke met 68 besoekpunte.

KANDIDAAT:

Die ideale kandidaat moet verkieslik ’n gesonde emeritus/leraar van jonger as 65 jaar wees, maar die kerkraad sal alle aansoeke oorweeg. Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

Die gemeente het ook ’n aksie genaamd //KHARAS CHRISTI geloods wat opleiding aan geestelike leiers uit alle denominasies aanbied. Die studentekorps se geletterdheid wissel van Graad 4 tot persone met universiteitsgrade. Die leraar moet 20% van sy tyd aan hierdie opleidingsaksie afstaan.

VERGOEDING:

Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met die sinodale skaal van Namibië as riglyn. Geen mediese of pensioenvoordele.

Die gemeente beskik oor ’n ruim gemeubileerde pastorie.

Gemeentevoertuig met vergunning vir beperkte privaatgebruik.

Selfoon en internetfasiliteite wat deur die gemeente betaal word.

AANSOEKE:

Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV    kontakbesonderhede en refe-rente.

SLUITINGSDATUM vir aansoeke: 31 Januarie 2016 en kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud indien daartoe versoek. Die kerkraad is nie verplig om ’n aanstelling te maak nie.

STUUR AANSOEKE  AAN: pieterdorena@gmail.com of gertvermeulen173@gmail.com

NAVRAE:

Ds Piet Louw (Brugleraar) – Tel: 00264 63 25 2705

Voorsitter: Oudl Gert Vermeulen – Tel: 00264 63 25 2649

Facebook: NG Kerk Koës

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top