Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Memel

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Termynbepaalde Leraarspos (1 Jaar)

Sluitingsdatum: 15 Februarie 2016

Die gemeente Memel is ’n plattelandse gemeente, geleë in die Noordoos-Vrystaat, op pad vanaf Vrede na Newcastle. Die gemeente het 172 lidmate en 52 dooplidmate. Die visie van die gemeente is: “Om ’n ware lewende kerk te word, wat sout en lig vir die wêreld is”

LERAARSPROFIEL:

Die gemeente sien daarna uit om ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk, wat die Here Jesus baie liefhet en met toewyding dien, as leraar te ontvang. Hy/sy moet (met KO Art 9 as agtergrond):

  • die evangelie met vreugde, erns en vrymoedigheid bedien;
  • gemaklik wees in die alledaagse omgang, met ’n gevoelige hart vir mense in verskillende lewenstadiums (kinders tot bejaardes) en omstandighede;
  • moeite doen om mense pastoraal by te staan en tuis te besoek; en
  • met ander kan saamwerk en saam beplan.

VERGOEDING:

Die Totale Koste Vir Indiensneming (TKVI) is R220 000 per jaar en kan na gelang van die leraar se behoefte gestruktureer word. Gratis behuising, water en ligte ingesluit.

AANSOEKE:

Aansoek moet vergesel wees van ’n CV van nie langer as vier bladsye met die name van drie referente.

SLUITINGSDATUM: 15 Februarie 2016 om 16:00.

DIENSAANVAARDING: 1 April 2016.
Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud.

NAVRAE: (Kerkkantoor: Ma, Wo, Vr: 09:00-13:00) (Posbus 75, Memel 2970).

NG Kerk Memel ngkmemel@zippnorth.co.za | Tel: 084 548 3823

Jacobus Claasen Tel: 058 924 0664 | jacobusc@zippnorth.co.za | Sel: 082 940 4062

Paul van Niekerk Tel: 058 924 0755 | boshoekpaul@zippnorth.co.za | Sel: 082 577 6556

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top