Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Witbank-Panorama

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse Medeleraar

Sluitingsdatum: 19 Februarie 2016

Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord.

GEMEENTEPROFIEL: Witbank-Panorama is ’n gemeente van die Here Jesus Christus en vorm deel van die Oostelike Sinode. Die gemeente is ±100 km oos van Pretoria geleë. Die gemeente is aan die oostekant van Witbank geleë in een van die groeipunte van die stad met ’n lidmaattal van ±1 500 (doop en belydend) met ’n gemiddelde ouderdom van ongeveer 36 jaar oud. Die gemeente het twee voltydse leraarsposte.

LERAARSPROFIEL:

• ’n Veelsydige, entoesiastiese NG Kerk-gelegitimeerde en beroepbare leraar of proponent (verkieslik nie ouer as 50 jaar nie), wat medies geskik is om al sy/haar werksverpligtinge na te kom;

• ’n Passie het vir God en sy koninkryk, Hom liefhet en in ’n verhouding met Hom staan;

• ’n Gerigtheid na buite (missionaal);

• ’n Entoesiastiese prediker;

• Innoverend, wat kreatief geleenthede kan raaksien en ontgin;

• ’n Spanspeler;

• ’n Musikale aanleg en ervaring in jeug- en gesinsbediening sal tot voordeel van die kandidaat wees;

• Die kandidaat moet vaardig wees in die gebruikmaking van elektroniese media.

FOKUSAREAS:

Die Bedienaars van die Woord in die gemeente is onderhewig aan die uitvoering van Artikel 9 van die Kerkorde en verantwoordelik vir bepaalde aspekte van die bediening maar die kandidaat kan ook by die bedieninge ingesluit word:

1. Gemeentebou in al sy fasette wat insluit, maar nie beperk is nie tot:

• uitreike en gemeenskapsbetrokkenheid

• bemarking van die gemeente

• mans- en vrouebedienings

2. Selgroepbediening.

3. Bemagtiging van gesinne en jeug met die oog op geloofsgroei.

4. Bybelstudies.

5. Gebedsbediening.

VERGOEDING:

Volgens die Oostelike Sinodale riglyne. Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie.

AANSOEKE:

1. Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV met die name en kontak-besonderhede van ten minste drie referente en ’n onlangse foto (gesinsfoto indien van toepassing).

2.     Alle aansoeke moet per e-pos gestuur word na: kantoor@ngpanorama.co.za

3. Kandidate moet vir onderhoude en ’n preekbeurt beskikbaar wees op ’n datum soos onderling ooreengekom tussen die pre-advies en die kandidaat.

NAVRAE: Johan Dempsey: 084 402 5850. Kerkkantoor 013 650 5027 (8:00-13:00) of Willem Esterhuizen: 082 430 4328.

Let wel: Huisreëls van die gemeente is beskikbaar op die webtuiste www.ngpanorama.co.za asook op aanvraag by die kerkkantoor.

SLUITINGSDATUM: 19 Februarie 2016 om 12:00

DIENSAANVAARDING: Nie later as 1 Mei 2016 of soos in oorleg met die suksesvolle kandidaat gereël.

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.