Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar op vastetermynbasis.
Sluitingsdatum: 16 Februarie 2016.
GEMEENTEPROFIEL: Die gemeente Aggeneys is geleë in die Boesmanland, ongeveer 300 km vanaf Upington en 115 km vanaf Springbok. Dit is ’n myngemeenskap. Die lidmaattal
van die gemeente tel 113 en die kinders 37. Die gemeente het ses dorpswyke met een plaaswyk. Die verste besoekpunt is ongeveer 60 km. As gevolg van onsekerheid in die myngemeenskap sal die kerkraad die pos jaarliks evalueer en, afhangende van die situasie, die termyn verleng.
Die kerkraad is in gesprek met die gemeente Simon van der Stel in Nababeep (sowat 135 km vanaf hier) om ’n ooreenkoms van samewerking aan te gaan. Genoemde gemeente is hoofsaaklik pensionarisse.
LERAARSPROFIEL: Van die aangestelde leraar word verwag om sy ampspligte uit te voer volgens Artikel 9 van die Kerkorde. Die leraar is verantwoordelik vir kategetiese onderrig en leiding in die jeugwerk van die gemeente. Genoemde pos word aangebied vir ’n ongetroude persoon.
VERGOEDINGSPAKKET: Die vergoedingspakket word hanteer volgens die aanbevelings
van die sinode. Reistoelae word aangebied. Die kerkraad bied huisvesting aan: gemeubileerde eenslaapkamer-karavaan met kombuis/sitkamer, badkamer en studeerkamer. Die wooneenheid is toegerus met lugreëling. Sportfasiliteite is in die gemeenskap beskikbaar.
AANSOEKE: ’n CV (hoogstens drie bladsye) met twee referente moet aansoek vergesel. Rig aansoeke aan: Die Skriba, NG Kerk Aggeneys, Posbus 132, Aggeneys 8893 of e-pos: aggngk@lantic.net
Sluitingsdatum: 16 Februarie 2016. Diensaanvaarding: 1 April 2016.
Navrae: Ds Alwyn Roux, tel: 054 933 0024, sel: 072 986 4321 en Teresa Gagiano
tel: 054 983 2464, sel: 072 631 8608.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.