Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk in Nylstroom

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Kontrakpos vir jeugwerker 

Sluitingsdatum: 29 Januarie 2016

1 Jaar-kontrakpos (met moontlikheid van verlenging)

Posvereiste:

Proponente of opgeleide jeugwerkers.

Omgewingsprofiel:

Nylstroom / Modimolle is ’n plattelandse dorp in die skilderagtige Waterberge, ± 100 km noord van Pretoria geleë en maklik bereikbaar via die Kranskop-tolhek op die N1. Pragtige natuurskoon en egte bosveldgasvryheid.

Bedieningsprofiel:

Die kandidaat sal betrokke wees in ’n vennootskapsbediening tussen NG Nylstroom-Oos en Abraham Kriel Kinderhuis. Die kandidaat sal ’n sterk pastorale rol by AKKH vervul, en die gemeente met die jeugbediening behulpsaam wees.

Profiel van kandidaat:

•’n Innige verhouding met Christus

•’n Passie vir jeug

•Vermoë hê om met getraumatiseerde/ontwrigte kinders te werk

•Moet in spanverband kan werk

•Moet binne die visie en kernwaardes van die gemeente verhoudings bou en ouers en kinders pastoraal begelei.

• Beplan en organiseer jeugkampe, behartig tienereredienste, koördineer kleingroepe, betrokke by kategeseskool.

Vergoeding: Ondehandelbaar.

Aansoeke:

Sluitingsdatum van aansoeke: 29 Januarie 2016

Posaanvaarding: 15 Februarie 2016 (onderhandelbaar)

Stuur aansoeke na kerkkantoor@ngoos.co.za

Navrae: 

Ds Danie Ueckermann 082 579 6649 (Indien nie beskikbaar – Deirdré Stoffberg, kantoorbestuurder, 083 564 6929).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.