Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk in Nylstroom

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Kontrakpos vir jeugwerker 

Sluitingsdatum: 29 Januarie 2016

1 Jaar-kontrakpos (met moontlikheid van verlenging)

Posvereiste:

Proponente of opgeleide jeugwerkers.

Omgewingsprofiel:

Nylstroom / Modimolle is ’n plattelandse dorp in die skilderagtige Waterberge, ± 100 km noord van Pretoria geleë en maklik bereikbaar via die Kranskop-tolhek op die N1. Pragtige natuurskoon en egte bosveldgasvryheid.

Bedieningsprofiel:

Die kandidaat sal betrokke wees in ’n vennootskapsbediening tussen NG Nylstroom-Oos en Abraham Kriel Kinderhuis. Die kandidaat sal ’n sterk pastorale rol by AKKH vervul, en die gemeente met die jeugbediening behulpsaam wees.

Profiel van kandidaat:

•’n Innige verhouding met Christus

•’n Passie vir jeug

•Vermoë hê om met getraumatiseerde/ontwrigte kinders te werk

•Moet in spanverband kan werk

•Moet binne die visie en kernwaardes van die gemeente verhoudings bou en ouers en kinders pastoraal begelei.

• Beplan en organiseer jeugkampe, behartig tienereredienste, koördineer kleingroepe, betrokke by kategeseskool.

Vergoeding: Ondehandelbaar.

Aansoeke:

Sluitingsdatum van aansoeke: 29 Januarie 2016

Posaanvaarding: 15 Februarie 2016 (onderhandelbaar)

Stuur aansoeke na kerkkantoor@ngoos.co.za

Navrae: 

Ds Danie Ueckermann 082 579 6649 (Indien nie beskikbaar – Deirdré Stoffberg, kantoorbestuurder, 083 564 6929).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top