Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NGK Randfontein-Noord

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar

Sluitingsdatum: 29 Januarie 2016.

GEMEENTEPROFIEL

Randfontein-Noord is ’n voorstedelike gemeente aan die verre Wesrand met ongeveer
1 800 doop- en belydende lidmate. Die gemeente funksioneer as lid van die Suider–Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes. Die vorming en bemagtiging van lidmate is ’n hoë bedieningsprioriteit. Die bediening is die gesamentlike verantwoordelikheid van die hele gemeente onder leiding van die kerkraad, twee leraars en ’n jeugwerker.

LERAARSPROFIEL

Die nuwe leraar neem saam met die bedieningspan verantwoordelikheid vir die gemeen-telike bediening in alle fasette van gemeentewees (Artikel 9 van die Kerkorde).

Die volgende fokuspunte is vir die kerkraad van besondere belang:

•Eie geïnternaliseerde gestuurde roepingsbesef en persoonlike inkoop op die

gemeentelike visie.

•Selfstandige, kreatiewe en innoverende leierskap binne spanverband.

•Vaardig om te bemagtig en te fasiliteer (Leier as spanbouer en brugbouer).

•Gemaklike hantering van diversiteit.

•Gawe vir die skep van vennootskappe oor grense in diens van die Koninkryk.

•Vaardige en entoesiastiese kommunikasie van die Woord in alle fasette van die

gemeentelike lewe (samekomste en groepe).

VERGOEDING

Die vergoedingspakket is soos bepaal deur die Sinode van Wes-Transvaal. Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie met goed versorgde tuin.

CURRICULUM VITAE

Indien jy as gelegitimeerde binne die NG Kerk geroepe voel om jouself vir bogenoemde vakature beskikbaar te stel, stuur asseblief vir ons jou naam, vergesel van ’n volledige CV, twee (2) onlangse getuigskrifte, sowel as die name en kontakbesonderhede van ten minste vier (4) referente, vir plasing op die groslys aan:

Die Voorsitter van die pre-advieskommissie,

Posbus 6017, Greenhills 1767.

Tel: 011 412 3996 / Faks: 011 693 4851

E-pos: kantoor@randfontein.ng.org.za

SLUITINGSDATUM: Vrydag, 29 Januarie 2016 om 12h00.

DIENSAANVAARDING: Na 1 April 2016 soos ooreengekom met die geroepene.

NAVRAE: Dr Gert Cordier (083 555 6426) of dr Johan Fourie (083 660 1397).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top