Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Gee my nou wysheid en kennis

Wysheid

Aan die begin van 2016 kan die NG Kerk by koning Salomo gaan kers opsteek.

Toe God vir Salomo sê: “Vra wat Ek jou moet gee,” het Salomo volgens 2 Kronieke 1:10 gesê: “Gee my nou wysheid en kennis dat ek hierdie volk reg kan lei …”

Volgens 1 Konings 3:9, vra Salomo: “Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê …” God som dié versoek ’n paar verse verder op as een om “insig in wat reg is”, en dan gee God vir Salomo wysheid en insig.

Met die sterk meningsverskille in die NG Kerk oor selfdegeslagverbintenisse en met emosies wat daaroor opvlam, is dit wat die NG Kerk nou nodig het: wysheid, insig in wat reg is, gehoorsaamheid om te doen wat reg is.

As ’n bydrae tot die soeke na wat reg is, na die wysheid om te onderskei wat God se wil is, bring Kerkbode in die eerste tien uitgawes van die jaar (en dalk word dit meer) ’n reeks bydraes tot die gay-debat.

In die meer as sestien jaar sedert die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland die saak in 1999 bespreek het, het daar verskeie sleutelaspekte na vore gekom waaroor die menings uiteenloop. Kerkbode het ’n reeks van hierdie aspekte geïdentifiseer en telkens twee skrywers – een ten gunste van verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag, en een wat daarteen gekant is – gevra om die betrokke aspek te bespreek.

Lesers word genooi om hierop te reageer in briewe van nie langer as 300 woorde nie.

Die gedagte is om die vlak van die debat te probeer lig bokant dié van persoonlike aanvalle en emosionele verwyte tot waar ons die sake self rustig kan oorweeg. Uiteindelik is die doel om uit te kom by “insig in wat reg is” en konsensus daarom te bou.

Mag die Here genadig wees en dit aan die NG Kerk skenk.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top