Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kom ons soek saam

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds André Smuts (emeritus) skryf:

Om die gesprek oor selfdegeslagverhoudings vrugbaar te maak, sal ons van die begin af mekaar se integriteit moet aanvaar, naamlik dat beide teenoorstaande oortuigings, die verstaan van die Bybelse boodskap as basis vir die gesprek gebruik.

Ek vind dit jammer dat ds Piet Otto uit die staanspoor diegene wat die Skrif anders as hy verstaan, beskuldig dat hulle nie hierdie saak deur die bril van die Woord bekyk nie.

Hy skryf: “Nou is die Woord van God nie meer die bril van die geloof waardeur daar sin van die werklikheid gemaak word nie.  Die menslike rede is nou die bril waardeur … die Skrif krities ontleed word … Die Skrif is nie meer God se selfopenbaring nie … ‘Ons weet vandag beter as hulle wat die Bybel geskryf het’ is nou die slagspreuk … Dit is ten beste ‘onverant-Woord-like’ Skrifuitleg en ten slegste leerdwaling.”

Ek vind hierdie uitlatings baie onvanpas, onwaar en liefdeloos. As ons op so ’n manier mekaar wil aanvat, sal ons weinig met hierdie gesprek vorder en ook nie verder groei in ons verstaan van die Skrif, deur by mekaar te leer nie.

Kom ons soek voortaan, met opregtheid en in liefde, saam na die beste verstaan van die Bybelse boodskap oor hierdie aktuele saak.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top