Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Laat daar Lig wees!

Die heel eerste Goddelike uitspraak wat ons in die Bybel lees, is dié woorde uit die eerste skeppingsverhaal: “Laat daar lig wees!”

Dis nie verniet dat lig later simbool word van God self nie. Lig maak lewe moontlik. Dit bring uitsig en vooruitsigte. Daarom dat Johannes in sy Evangelie oor Jesus skryf: “In Hom was daar lewe, en die lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.”

Jesus is die lig, maar hy sê ook vir dié wat Hom volg: “Julle is die lig vir die wêreld.”

In hierdie gedagte – dat die Lig ons stuur om lig te wees – word die hart van missionale kerkwees raakgevat.

En watter wonderlike getuienisse daarvan is daar nie in die kerk nie.

Kyk maar na die storie op die voorblad, hoe God se liefde twee gelowiges gedring het om hulle lig tot in die tronk te laat skyn, en te laat aanhou skyn. Sien raak hoe daardie lig in ’n donker lewe ingeskyn het en dit heeltemal verander het.

Is daar ’n beter manier om misdaad te bestry?

Op ’n heel ander manier het ’n siek nier donkerte gebring in ’n gesin se lewe. Dit lees ’n mens in die verhaal op bladsy 12 en 13. En ’n ander man het besluit om te gee, soos Jesus sy volgelinge geleer het. En die gee van letterlik  ’n stukkie van homself, het die lig in ’n ander lewe laat skyn. Dit het letterlik nuwe lewe gebring.

Die verhaal op bladsy 14 vertel hoe die lig uit die historiese Bosmanstraatkerk in Pretoria, nou helder en ver in Afrika in skyn.

Dit is ons roeping. Om God se lig te laat skyn. Om juis na die donker plekke toe te gaan en die lig daar te laat skyn.

God se eerste woorde in die eerste skeppingsverhaal is ook vandag in Afrika die wekroep vir die mense van die NG Kerk: “Laat daar lig wees!”

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top