Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Onrusrivier

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Jeug-en-Familiebediening Termynpos (Een jaar met moontlikheid van verlenging)

Sluitingsdatum: 15 Februarie 2016.

1.  Visie vir die pos

Ons visie is dat jonger lidmate ons waardes en visie sal deel en inskakel by die bedieninge in die gemeente. Ons wil graag strukture skep waar jonger lidmate diens kan lewer en kontak bou met ouer lidmate, maar ook op ’n vars manier met die evangelie bereik word. Ons fokus dus op ’n langtermynbedieningsplan en die bou van verhoudings – ook oor kultuur- en kerkgrense heen.

2.  Verantwoordelikhede vir die pos

  • Skakel in by die visie en waardes van die gemeente.
  • Help bou aan strukture wat jongmense inskakel by die bedieninge van die gemeente.
  • Betrokke by tienerdienste, pastorale begeleiding, kategeseskool en kleingroepe.
  • Gee leiding in die toerusting van jongmense vir hulle roeping.
  • Help bou aan netwerke oor kultuur- en kerkgrense heen.

3.  Kwalifikasie en ondervinding

  • Bewese ondervinding van spanwerk.
  • Langtermynvisie vir jeugbediening.
  • ’n Toepaslike kwalifikasie in teologie.
  • ’n Breë teologiese raamwerk wat diversiteit en kompleksiteit in geloof kan hanteer.

 4.  Aansoeke

  • Stuur ’n kort CV aan Hanna de Jager by admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za
  • Sluitingsdatum: 15 Februarie 2016.
  • Diensaanvaarding so gou moontlik.
  • Die vergoedingspakket sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
  • Vir navrae, kontak Wilhelm Burger by wb@ngkonrusrivier.co.za of 083 448 1651.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top