Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Tygerpoort

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Orrelis

Sluitingsdatum: 2 Maart 2016.

Hiermee word die dinamiese pos van orrelis in Tygerpoort Gemeente, Pretoria-Oos, bekend gestel.

Persone wat by die musiekbediening in Tygerpoort Gemeente betrokke is, se lewe moet van ’n geestelike diepte getuig wat hulle in staat stel om aanbidding binne ’n gebalanseerde, dinamies gereformeerde konteks te lei waarin alle spiritualiteite ’n tuiste kan vind. Die gemeente wil ook musiek bied wat van kwaliteit en uitnemendheid spreek. Persone wat vir hierdie pos aansoek doen, moet bogenoemde eienskappe leef. Formele musiekopleiding sal in die aansoeker se guns tel.

Die gemeente het gedurende die skoolkwartale elke Sondag drie eredienste wat verskil in spiritualiteit. Tydens skoolvakansies/langnaweke het die gemeente net een erediens om 09:00. Ons gemeente wag aansoeke in vir die volgende pos:

Orrelis vir die vroegoggenderediens om 08:00 (Vakansies 09:00).

Hierdie diens is ’n meer tradisionele erediens waartydens orrelbegeleiding gebruik word en daar hoofsaaklik Liedboek-, maar ook FLAM- en VONKK-liedere gesing word. Hierdie persoon aanvaar ook verantwoordelikheid vir die kerkkoor, Kers- en Paassangdienste, begrafnisse en skoolvakansies asook enige ander gemeentelike funksies waar musiek van toepassing is.

Salaris volgens die gemeente se eie skaal of soos onderhandel word.

Die aansoeker moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en oudisie.

Aansoeke sluit Woensdag, 2 Maart 2016.

Rig jou navrae en/of aansoek aan dr Zander van der Westhuizen: zvdwesthuizen@gmail.com

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top