Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: voltydse leraar
Sluitingsdatum: 3 Maart 2016.
Gemeenteprofiel: Ons gemeente is ’n plattelandse gemeente, ongeveer 280 km noord van Kaapstad langs die N7 geleë, naby Vredendal en Vanrhynsdorp. Die gemeente bestaan uit 787 doop- en belydende lidmate en die gemiddelde ouderdom is ongeveer 43 jaar. Die meeste van ons lidmate is betrokke in die wingerdboubedryf, Transnet en die besighede op die dorp of naburige dorpe.
Leraarsprofiel: Aansoekers moet ingestel wees op verantwoordelike vernuwing, gemaklik wees met ons bedieningsvoorkeure en moet met entoesiasme die Artikel 9 verpligtinge nakom.
Vergoeding: Onderhandelbaar met sinodale skale as riglyn. Gratis pastorie.
Aansoeke: Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV met drie referente en gerig wees aan: Die Pre-Advieskomitee by ngkklawer@telkomsa.net
Sluitingsdatum: 3 Maart 2016.
Navrae: Navrae oor ons bedieningsvoorkeure en nog meer, kan gerig word aan: JC Smit, tel: 027 216 1051, of u kan ’n afskrif van ons Roepingsverklaring met gepaardgaande notas aanvra by die skriba, ngkklawer@telkomsa.net
Aansoekers en hulle eggenotes moet beskikbaar wees vir onderhoude en preke te Klawer.
Die kerkraad hou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.