Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Musiekdirekteur
Sluitingsdatum: 15 Februarie 2016.
Met biddende afhanklikheid stel ons die pos van Musiekdirekteur by Strooidakkerk in die Paarl bekend. Die pos is vanaf 1 Maart 2016 vakant.
Musiekbediening in die Strooidak is van kardinale belang en vorm ’n integrale deel van die Strooidak se identiteit tydens eredienste.
Die geskikte kandidaat moet aan die volgende kriteria voldoen:
PERSOONLIKHEIDSEIENSKAPPE
- Die persoon moet ’n verhouding hê met Jesus Christus.
- Die persoon moet volledig inskakel by die Strooidakkerk en dit sy/haar geestelike tuiste maak.
- Die persoon moet leiding neem tydens dienste sowel as in die beplanning, organisering en koördinering van die dienste.
- Die persoon moet musiekkennis hê en ’n groep in verskillende musiekgenres kan lei. (Lofprysing, aanbidding, meditasie).
- Die persoon moet die gemeente sowel as geleentheid kan “lees” en verstaan en moet ook in Engels en Afrikaans kan bedien.
- Die persoon moet entoesiasties wees en mense kan bestuur.
PLIGTE VAN MUSIEKDIREKTEUR
- Beskikbaarheid: Sondagoggend en Sondagaand, vir spesiale dienste op ander dae en vir ander geleenthede bv belydeniskampe.
- Betrokke by die beplanning van Sondag se dienste.
- Keuse van musiek saam met beplanningspan.
- Beplan uitvoering van musiek vir die verloop van die erediens.
- Reël orkeslede en sangers vir elke diens;
- Reël klankman en persoon op skerms;
- Skakel met orrelis;
- Stuur van musiek vooraf aan orkeslede;
- Opstel en inoefening van liedere voor die diens.
- Identifiseer nuwe musikante en sangers en brei so die groep uit.
- Neem leiding en skep atmosfeer tydens dienste.
- Opstel en bestuur van jaarlikse begroting.
- Herstel en instandhouding van toerusting.
- Bywoon van kursusse en opleidingsgeleenthede.
Ons as gemeente wag biddend op aansoeke en weet dat die Heilige Gees die geskikte persoon na ons sal stuur.
’n Volledige CV moet jou aansoek vergesel en jy moet bereid wees om vir ’n onderhoud na die Paarl te kom.
Die salaris is onderhandelbaar en sal vooraf aan voorkeurkandidate wat vir ’n onderhoud genooi word, gekommunikeer word.
Aansoeke met CV en stawende dokumente moet gestuur word na:
Musiekdirekteur
Strooidakkerk
Klein Reservoirstraat
Posbus 1421, Suider-Paarl 7624.
Dit kan ook elektronies na skriba@strooidak.co.za gestuur word.
Aansoeke sluit op 15 Februarie 2016.