Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Uitleg is verkeerd

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Chris van Wyk van Port Elizabeth skryf:

André Bartlett beweer (Kerkbode, 22 Januarie) dat sommige in die gay-debat “proeftekste” gebruik en ander die breë lyne van die Bybel. Ek dink die meeste deelnemers volg die breë lyne, maar verskil oor die beoordeling daarvan. 

André hou net rekening met die liefde vir die naaste wat onder andere gemarginaliseerdes insluit. Hy sou beter doen deur ook rekening te hou met die liefde vir God, wat ’n gehoorsaamheid vra aan die Skrif se riglyne vir verhoudings.

Die dieper probleem met André se aanpak, is dat hy wel die “proeftekste” behandel, maar ’n eksegeties aanvegbare uitleg daarvan gee:

 Die tekste in Levitikus het nie met tempelprostitusie te make nie, maar met homoseksuele gedrag binne familiekontekste. Die Bybel praat wel oor selfdegeslagprostitusie in Deuteronomium 23, maar sê in Levitikus 18:22 en 20:13 doodgewoon: “met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos met ’n vrou nie” (OAV).

 Romeine 1 praat nie net van uitspattige seksorgies nie, maar van enigeen van die vele vorms van selfdegeslagverhoudings wat in Rome bekend was in daar-die tyd, onder andere gewone minnaars, seksuele uitbuiting, en wettige selfdegeslagverhoudings (John Boswell).

 1 Korintiërs 6:9 en 1 Timoteus 1:10 praat nie net van seksuele uitbuiting nie, maar van selfdegeslagverhou-dings wat gekenmerk is deur passiewe en aktiewe vennote, soos die Griekse woordeboeke die woor-de uitlê wat daar gebruik word.

Ter illustrasie van die wyse waarop die Bybel oor on-gewenste seksuele verhoudings praat, kan na 1 Korintiërs 5 se afwysing van selfdefamilieverhoudings gekyk word. Paulus beoordeel hulle verdraagsaamheid om ’n man en sy stiefma toe te laat om ’n selfdefamilieverhouding te sluit as onsedelik, al doen hulle mekaar nie kwaad aan nie.

Sy beoordeling geld selfdefamilieverhoudings. Dit geld selfdegeslagverhoudings. Dit geld buite-egtelike verhoudings.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top