Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hoe word ’n gemeente missionaal?

Becoming the Gospel: Paul, Participation, and Mission (The Gospel in Our Culture Series)
Deur: Michael J Gorman
Uitgegee deur: William B Eerdmans Publishing Company, Grand Rapids, Michigan. 2015


Die vermaarde sendingkundige, Lesslie Newbigin, sê in sy boek The gospel in a pluralist society: “I am suggesting the only answer, the only hermeneutic [means of interpretation] of the gospel, is a congregation of men and women who believe it and live by it.”

Hierdie woorde gee die tema van hierdie belangwekkende werk van Michael Gorman aan. Die groot vraag wat Gorman probeer antwoord (en dit deksels goed regkry) is: Hoe kan ’n gemeente as gemeente missionaal wees? Met ander woorde: Hoe kan ’n gemeente beweeg van ’n gemeente met sending- en uitreikprojekte na ’n gemeente wat in wese, in murg en gebeente missionaal is en so die evangelie vergestalt?

Gorman se antwoord, kortweg opgesom, is die volgende: ’n Gemeente is missionaal wanneer dit deelneem aan die lewe en karakter van ’n sturende God wat Hom geopenbaar het in die gekruisigde en opgestane Christus en waar hierdie deelname lei tot diep transformasie van gemeentes.

Dit wil sê ’n missionale gemeente is ’n gemeente wat die DNS van die drie-enige God vergestalt.

Gorman maak gebruik van ’n baie ou konsep, theosis, wat beteken om deel te kry aan die Goddelike natuur (2 Pet 1:4). Aangesien die drie-enige God diep in sy wese missionaal is, kan ’n gelowige, gemeente en kerk wat die DNS van hierdie God deel van hulle eie identiteit maak, nie anders as om in wese missionaal te wees nie.

In hierdie tyd waarin die NG Kerk in soveel rigtings getrek word, is dit maklik om ons oog af te haal van die bal, van ons eintlike bestaansrede, naamlik om gestalte te gee aan God se lewegewende beweging na hierdie wêreld toe.

Gorman help ons om te verstaan hoe noodsaaklik die missionale transformasie van die kerk is.

▶ Ds Freddie Schoeman is sameroeper van die Algemene Sinode se Taakspan vir Missionale Transformasie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top