Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Port Elizabeth-Oos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Termynbepaalde Leraarspos

Sluitingsdatum: 18 Maart 2016

Gemeenteprofiel:

Die NG gemeente Port Elizabeth-Oos kyk uit oor Algoabaai, met uitstekende toegang tot die hoofroetes van die metropool. Die gemeente is geleë in die geskiedkundige Suideinde, en bestaan hoofsaaklik uit moderne meenthuiskomplekse. Groot ontwikkeling word in die toekoms voorsien, gegewe die voordelige ligging naby die lughawe, snelweë, die hawe en die strandfront.

Ons is ’n klein maar groeiende, samehorige en gelukkige gemeente waar toenemend jong volwasse lidmate inskakel. Vanaf Junie 2015 is die gemeente deur ’n voltydse leraar bedien, wat nou ’n beroep as weermagkapelaan aanvaar het.

Die gemeente bestaan uit sowat 143 belydende en 24 dooplidmate, en beskik oor ’n moderne, doelmatige kerkgebou, geleë aan Walmer Boulevard, ’n prominente hoofweg in Suideinde.

Gemeenskap:

Binne ons gemeenskap bestaan die volgende:

  • ’n Skool vir outisme.
  • ’n Groot versorgingseenheid vir verswakte bejaardes.
  • Twee nuwe meenthuiskomplekse vir seniors.
  • Die lughawe.
  • Die hawe met die beplande waterfront.
  • Biblia-Hawesending.
  • Die rampbestuursentrum van die metropool, die hoofbrandweerstasie en ’n groot polisiestasie.

Voltydse termynbepaalde leraarspos:

Die gemeente het ’n vakature vir ’n leraar in ’n driejaar-termynkontrak. Dit is ’n ontwikkelingspos met gedeeltelike sinodale befondsing.

Leraarsprofiel:

  • Die leraar volg Jesus Christus entoesiasties, het die Here en sy kerk lief, en dien graag.
  • Die leraar is ’n gelegitimeerde van die NG Kerk.
  • Die kerkraad kies vir ’n groeistrategie vir die gemeente, wat insluit: geestelike groei, uitreik na nie-kerklikes, die insluit van jongmense en die bediening aan seniors.
  • Die leraar benader die bediening met inisiatief, is ondernemend, en het ’n fasiliterende leierskapstyl.
  • Die leraar vorm netwerke om die gemeente te laat groei.
  • Die leraar moet as entrepreneur die bestaande lidmate bedien en die gemeente ook oor grense laat groei.
  • Die leraar ontsluit gawes in ander en skep ’n sterk bedieningspan.
  • Artikel 9 van die Kerkorde (2013) vorm die basis waarop die pligte beskryf word.

Vergoeding:

Die TKVI, wat na gelang van die leraar se behoeftes gestruktureer kan word, beloop R330,000 per jaar.

Aansoeke:

Aansoeke geskied op die voorgeskrewe aansoekvorm (aanlyn beskikbaar), vergesel van ’n CV (maksimum vier A4 bladsye). Die kontakbesonderhede van twee referente moet verskaf word. Die aansoekvorm is beskikbaar by www.ngkok.co.za/gemeentes/pe-oos/pe-oos.doc (gebruik hierdie skakel om die dokument af te laai).

  • Posadres: Pre-Advies, NG Kerk PE-Oos, Posbus 13283, Humewood 6013.
  • E-pos: pe-oos@ngkok.co.za

Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.

Sluitingsdatum: Vrydag, 18 Maart 2016, om 16:00.

Die suksesvolle kandidaat sal verkieslik so gou as prakties moontlik diens kan aanvaar.

Navrae:

Ouderling: Mnr Patrick Juta, sel 083 292 1103, patrick@tuftex.co.za

Skriba: Mnr Brian Cowie, sel 082 573 9529, bacowie@telkomsa.net

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit een van die aansoekers te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top