Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Een Jaar Vastetermynpos
Sluitingsdatum: 22 Februarie 2016.
Die kerkraad wag in biddende afhanlikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord.
GEMEENTEPROFIEL: Wesmoot is ’n gemeente van die Here Jesus Christus en vorm deel van die Noordelike Sinode. Die gemeente is in die weste van Pretoria geleë en bestaan hoofsaaklik uit ’n kleinhoewegemeenskap met ’n lidmaattal van plus minus 1 129 (doop en belydend). Die gemeente beskik tans nie oor ’n leraar nie.
LERAARSPROFIEL: Entoesiastiese gelegitimeerde en beroepbare leraar wat medies geskik is om al sy/haar werksverpligtinge na te kom.
’n Passie het vir God en sy koninkryk, Hom liefhet en in ’n verhouding met Hom staan.
FOKUSAREA: Die bedienaar van die Woord in die gemeente is onderhewig aan die uitvoering van Artikel 9 van die Kerkorde en soos met die kerkraad onderhandel.
VERGOEDING: Pakket word deur die kerkraad aangebied en die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie. Navrae kan gerig word aan die Kerkkantoor, tel: 012 376 4176 weeksdae tussen 08:00 – 13:00.
AANSOEKE: Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV met die name en kontakbesonderhede van ten minste drie referente.
Alle aansoeke moet per e-pos gestuur word na: wesmootngk@xsinet.co.za
Kandidate mag vir onderhoude en ’n preekbeurt genooi word.
NAVRAE: Leieroudl Thys Kotzé, 082 362 7427 en oudl Wimpie Jonck, 084 800 9877.
SLUITINGSDATUM: 22 Februarie 2016.
DIENSAANVAARDING: Soos ooreengekom met die kerkraad.
Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.