Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Medeleraar (Deeltydse vastetermynpos – Kontrakpos)
Sluitingsdatum: 31 Maart 2016.
Die gemeente het ’n geleentheid beskikbaar vir ’n proponent om meer gemeente-ervaring te bekom. Belangstellende proponente van die NG Kerk wat geroepe voel om in die bediening te staan, word genooi om aansoek te doen vir hierdie termynpos van 24 maande.
Gemeenteprofiel:
Hierdie stedelike gemeente, geleë in Boksburg, Gauteng, bestaan uit 1 075 belydende en 263 dooplidmate. Ons val binne die Ring van Boksburg.
Leraarsprofiel:
- Vastetermynpos wat fokus op alle aspekte van die bediening.
- Goeie pastorale leierskap en menseverhoudings.
- ’n Passie vir mense – jeug en ouerwordende lidmate.
Pligte:
- Leraarsfunksie soos beskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
- Verdere pligte soos omskryf deur en ooreengekom met die kerkraad.
Vergoeding: Salarispakket van R318 000,00 per jaar, alles insluitend.
Aansoeke:
’n CV moet vergesel wees van drie referente met kontakbesonderhede.
Per pos: Die Skriba, Posbus 15013, Impalapark 1472. E-pos: ngip@absamail.co.za
Sluitingsdatum: 31 Maart 2016.
Diensaanvaarding: 1 Junie 2016.
Navrae en besonderhede:
André Adlem: andre@peacsa.co.za
Johan Botha, 082 561 5127
Ds Marius Gertzen, 083 235 6201
Skriba: Mev Jo-Ann Broodryk, 011 918 1600
Indien jou naam op die kortlys is, moet jy asseblief beskikbaar wees vir ’n onderhoud met die kerkraad. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.