Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Retief (Despatch)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar (termynpos vir een jaar). 

Sluitingsdatum: 18 Maart 2016. 

In biddende afhanklikheid van die Here, stel die kerkraad van die NG Kerk Retief ’n vakature vir ’n termynpos vir een jaar beskikbaar vir die beroep van ’n NG leraar (proponent).

GEMEENTEPROFIEL: 

Die gemeente, met 849 belydende en 205 dooplidmate, is geleë in die gevestigde woonbuurt Retief, Despatch.

LERAARSPROFIEL EN AMPSPLIGTE:

• Iemand wat ’n goeie dienaar van Jesus Christus is en wat ’n innige liefde vir God Drie-enig en sy Woord laat uitvloei in die gemeente en die gemeenskap.

• Wat met inagneming van kerklike gebruike, met die kerkraad en die gemeente, maar ook met die kerk in wyer verband kan saamwerk.

• Wat in die volle spektrum van gemeentewees kan inpas, maar spesifiek toegerus en gemotiveerd is om die jeug en lidmate bo 40 te bedien.

• Met goeie menseverhoudinge, wat na lidmate op alle sosiale vlakke kan uitreik.

• Met goeie multimediavaardighede.

• Met ’n goeie aanvoeling vir gemeente-administrasie.

TERMYN:

Die termyn van die pos is een jaar vanaf ’n datum soos ooreengekom. Indiensneming so gou moontlik en verkieslik nie later nie as 1 Mei 2016.

VERGOEDING:

Die vergoedingspakket is onderhandelbaar en beskikbaar op aanvraag. Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie met ’n goed versorgde tuin wat aangrensend met die kerkterrein geleë is.

AANSOEKE: 

Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV, tesame met kontakbesonderhede van minstens twee referente. Stuur die aansoeke na die volgende e-posadres: ngkret@absamail.co.za. Vir enige navrae, kan die kerkkantoor geskakel word by 041 933 1565 of André Roux (leierouderling) by 079 504 3384.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 18 Maart 2016. 

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak indien daar nie ’n geskikte kandidaat gevind word nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top