Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Moedergemeente Zeerust

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: leraar (kontrakpos)

Sluitingsdatum: 18 Maart 2016.

Alle belangstellende emeritusleraars van die NG Kerk wat geroepe voel om tydelik in die bediening te staan, word genooi om aansoek te doen vir hierdie termynpos van 12 maande, met die oog op moontlike verlenging.

GEMEENTEPROFIEL: Ons is ’n plattelandse gemeente met ongeveer 350 belydende en 80 dooplidmate. Ons bestaan uit nege dorpswyke en tien plaaswyke. Ons gemeente is 60 km van Mafikeng, 80 km van Lichtenburg an 120 km van Rustenburg.

LERAARSPROFIEL: Geestelike groei en huisbesoeke is vir ons belangrik. Leraar moet aandag gee aan ouer en jonger lidmate. Betrokkenheid van die leraar en sy gade by die gemeente, is vir ons belangrik. Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die kontrak en prediking. Pastorale sorg is van kardinale belang.

VERGOEDING: Onderhandelbaar met die suksesvolle kandidaat.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 18 Maart 2016.

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt, wat op koste van die gemeente geskied. Die kerkraad behou hom steeds die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

AANSOEKE: Stuur volledige CV aan:

Die Voorsitter van die Kerkraad

  • Per pos: Posbus 38, Zeerust 2865
  • Per faks: 018 642 1335
  • Per e-pos: ngzeerust@yahoo.com

NAVRAE:

Voorsitter: Casper Badenhorst – 084 799 1053 / 082 871 2387.

Skriba: Ina Botha – 018 642 1335 / 076 167 3996.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top