Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Dr Hannes Schulz van Roodepoort skryf:
Baie lidmate snap nie die kerk se nuwe rol nie. Apartheid is dood.
Gevolglik word die rol van die Kerkorde namens die Algemene Sinode, deur die algemene sekretaris, dr JJ Gerber, en die parlementêre lessenaarhoof, dr BJ du Toit, tydens ’n voorlegging in die parlement op 25 Augustus 2008 soos volg omskryf: “The organizational functioning of the DR Church is determined by the Church’s own constitution: Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. It is this constitution of the church which would be considered in a case of dispute, in as much as it do not contradict the values of the Constitution, but also because its members voluntarily subject themselves to the confessions of the church.”
Hierdie benadering bring die NG Kerk insake selfdegeslag-verhoudinge by ’n dilemma: Die Algemene Sinode se besluite moet in lyn wees met die kerk se konstitusie en terselfdertyd die regte van elke lidmaat, ooreenkomstig die SA Grondwet (Artikels 15, 31, 33 en 34), beskerm.
Sodoende kan bestaande godsdienstige regte van lidmate byvoorbeeld nie eensydig deur ’n besluit van die Algemene Sinode herroep word nie. Die 2015 besluit doen dit wel met verreikende implikasies (soos aangetoon in die appèl).
Ongelukkig lees sekere lidmate ook nie verder as Reglement 19 paragraaf 1 (in geheel) nie, en maak ongegronde opmerkinge. Indien verder gelees word, sou dit duidelik blyk dat paragraaf 19.5 (in geheel) byvoorbeeld wel voorsiening maak vir appèl teen die Algemene Sinode se besluit.
Indien hierdie reg nie in die Kerkorde aanwesig sou wees nie, het die lidmaat steeds die reg om hom/haar op die SA Grondwet te beroep en sou ’n burgerlike hof dus oor hierdie reg moes besluit.
Die dilemma gaan dus nie oor selfdegeslag-verhoudinge nie, maar oor die regte van gelowiges om nie die staat se alternatief teenoor die huwelik te aanvaar nie.
Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.
