Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kom ons bid

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

PJ en D Botha, J en AS Marais en JH en M Lombard van Mosselbaai skryf:

Ons is lojale NG lidmate wat vir baie jare die Here Jesus binne die kerk met toewyding dien.

Tans is ons baie hartseer en ontnugter oor Skrifhantering in die kerk. Dit is in stryd met wat tot nou toe in die kerk en by ons kweekskole geleer is, veral met betrekking tot die huwelik.

Dit bring die geborgenheid van ’n geloofstuiste vir baie lidmate nou in gedrang. Ons sien binne ons families en vriendekringe hoe van ons mees toegewyde lidmate en jongmense wat die Here Jesus liefhet die kerk verlaat en elders ’n geestelike tuiste soek.

Eskalasie in egskeiding by predikante en geestelike leiers lei tot diepe hartseer en ’n gebrek aan vertroue in die kerk as voorbeeld van die Christelike huwelik.

Hiermee saam is ons skaam dat die NG Kerk se degradering van die Christelike huwelik jongmense al meer dryf tot saamwoon en buitehuwelikse seks.

Baie ouers vertrou ook nie hul kinders vir geestelike onderrig aan die kerk toe nie. Die ergste is dat dit lyk of die Heilige Gees so bedroef word dat Hy Homself al hoe meer aan van die kerklike strukture onttrek.

Vanweë die vreemde, vir ons onbybelse, standpunte en uitsprake van dosente is daar ’n groeiende wantroue in die kerk met betrekking tot die opleiding van studente by al drie teologiese fakulteite.

Voordat die NG Kerk se sout heeltemal laf word en sy lig verder verdof, kom ons bid.

O Heilige Gees, besoek u kerk!


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top