Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Hoof vir (NG) Kerkeie Teologiese Opleiding

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die Kuratorium van die NG Kerk van Transvaal stel hiermee bogenoemde pos bekend:

1. Vereistes

  • ’n Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk.
  • ’n Passie en visie vir die uitbouing van teologiese opleiding in diens van die NG Kerk.
  • Goeie vermoë om met studente te assosieer en vir hulle as mentor op te tree in hulle geestelike en bedieningsontwikkeling.
  • Gesonde menseverhoudings en ’n goeie spanwerker.
  • Goeie organisatoriese en administratiewe vermoëns om die kerklike teologiese opleiding verder uit te bou.
  • Bewese ervaring van gemeentelike en kerklike werksaamhede.
  • Bewese ervaring in die aanbied en ontwikkeling van kerklike/teologiese kursusse en toerusting.
  • ’n Voldoende ervaring in telematiese ondersteuning vir teologiese opleiding.
  • ’n Wye netwerk van skakeling met ander persone en kerklike en akademiese instansies sal ’n aanbeveling wees.
  • ’n Doktorsgraad in Teologie sal ’n aanbeveling wees.

2. Verantwoordelikhede

Hierdie persoon sal verantwoordelik wees vir die beplanning, ontwikkeling en aanbieding van die Kerkeie Teologiese Opleiding in samewerking met die Teologiese Fakulteit van UP en die begeleiding van die studente van die NG Kerk.

Dit sluit in:

  • Die beplanning, aanbieding en begeleiding van die kerkeie programme vir eerste- tot sesdejaar studente.
  • Die begeleiding van tweedeloopbaanstudente.
  • Die organisasie en aanbieding van die gemeentejaar.
  • Die begeleiding van predikante wat as mentors vir studente optree.
  • Die ontmoeting, inskakeling en pastorale begeleiding van teologiese studente.
  • Die spiritualiteits- en persoonsvorming van die studente en die ontwikkeling van geestelike leierskap.
  • Die bevordering van ’n eie kerklike etos, identiteit en die missionale karakter van die NG Kerk.
  • Skakeling met die Teologiese Fakulteit en die dosente van die NG Kerk.

3. Voordele

  • Vergoeding volgens Algemene Sinode se skaal.
  • Kantoor by Universiteit van Pretoria.

4. Diensaanvaarding

1 Julie 2016 of so spoedig moontlik daarna.

Aansoeke moet ’n volledige CV bevat en motivering van die aansoek. Die aansoek word gerig aan: Die Voorsitter van die Kuratorium, ngkerk@up.ac.za. Navrae by dr Paul du Plessis (083 446 9426) of ds Nico van Rensburg (083 534 2341).

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Maart 2016 om 24:00.

Die kuratorium behou die reg voor om nie uit die aansoeke ’n benoeming te maak of enigsins ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top