Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gays moenie sondig nie

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

JW Esterhuysen van Riversdal skryf:

Ek verwys na dr Michiel Botha se brief in Kerkbode van 22 Januarie. Nadat hy verwys het na Reglement 19 waarvolgens besluite van die Algemene Sinode nie teruggetrek of verander mag word nie, sluit hy af met: “Die Kerk se geloofwaardigheid durf nie langer op die spel ge­plaas te word nie”.

Dit, verstaan ek, beteken dat die Bybel se geloofwaardigheid  eerder op die spel geplaas word, en dat die kerk se voortbestaan in haar huidige omvang eerder op die spel geplaas moet word.

Ek loof die Here dat ek en my vrou en ons ses kinders, ons geloof in die soenverdienste van Jesus in die NG Kerk ontvang het, maar as die kerk nou moet buk onder beslui­te van die Algemene Sinode, wat Bybelse uitsprake weerspreek, sal ons en die grote meerderheid van gelowi­ges, ’n ander tuiste moet vind. 

God het alle mense lief, ook homoseksueles, maar Hy trek nie almal in sy koninkryk in nie.

Ek het ook nie gevra om as sondaar gebore te word nie. My sondige neigings verskil nie van homoseksueles se neigings nie. 

In Johannes 8 vergewe Jesus die owerspelige vrou se seksuele vergrype, net soos vir ons almal, maar volg dan met: “Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie”. Dieselfde geld vir homoseksueles.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top