Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Liefde bring klarigheid

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Rina du Plooy van Ruimsig skryf:

Met verwysing na die “Gay-debat” dink ek met hartseer aan Eugène Marais se Winternag:

“So wyd as die Here se genade …”, of dalk die gebrek daaraan.

Twee standpunte word in die debat gestel: 1. Skrifgesag en Skrifverstaan; 2. Die Bybelse norm van liefde.

Ek lees Petrus se belydenis in Matteus 16:15-19: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

Dit was na aanleiding van Jesus se vraag: “Wie, sê julle, is Ek?” Jesus bevestig dat God die Inisieerder en Oorsprong van die belydenis is. Hy verklaar dat die belydenis die kern is van toegang tot die koninkryk van God. Die gesag (sleutels) word op die kerk of gemeente oorgedra.

Die onus rus op die kerk om hierdie belydenis as ons enigste grondslag vir beoordeling te stel.

Jesus stel vir ons die voorbeeld van liefde in sy omgang met mense (almal sondaars), tollenaars, egbreeksters, prostitute, selfs Samaritane en heidene. Sy optrede en uitsprake het dikwels die vooropgestelde idees van skrif-geleerdes omvergewerp. Sy liefde en omgee het grense oorgesteek en mense teen verwagtinge ingesluit. 

Die verantwoordelikheid ten opsigte van hierdie sleutelfunksie behoort ons baie nederig oor hierdie saak te laat dink. Uitsluiting van mense met ander seksuele oriëntasie as ons eie, kan op onbegrip en liefdeloosheid dui. Ten slotte is God die Regter oor ons almal. 

Jesus se samevatting van die wet, eerstens liefde tot God en daarmee saam liefde vir die naaste, bring vir my klarigheid in die debat.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top