Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

‘Liefde kom van God’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Mev Hannie Engelbrecht van Brackenfell skryf:

Ons wetenskap en tegnologie het al ver gevorder en tog is daar baie dinge wat nie verklaar kan word nie.

Hoekom word ’n seuntjie gebore wat innerlik ’n dogtertjie is en andersom?

Lees ons in die Bybel Psalm 139, veral verse 13-16: “Nog voordat ek gebore was, was my lewensdae in u boek opgeteken”.

Al die bekende en minder bekende mans en vroue in die Ou en Nuwe Testament, se lewenspad was by geboorte al vasgelê, so ek glo dis die wil van God as so ’n kindjie gebore word.

Aan die kruis toe Jesus gesterf het, het die moordenaar gevra, “Heer dink tog …” en Jesus het geantwoord, “vandag nog …” Hy het hom nie gevra of hy dalk gay is nie.

Ek reken dis elkeen se persoonlike saak en nie kerklik of menslik nie. Die verdoemende tekste oor homoseksualiteit moet elkeen vir homself uitklaar, want selfs ons kleredrag van die Bybel se tyd tot nou het verander, soos ook die besnydenis van mans, sekere dinge oor vroue en selfs ons predikante op die preekstoel.

Die liefde van twee selfdegeslag-persone is dieselfde as by heteroseksuele persone. Die liefde kom van God af.

Besluit die kerk oor die weë van die mens of het God die Vader dit van voor ons geboorte so uitgewerk?

Die groot Regter sal nie op die einde vir jou vra of jy ’n moordenaar of getroude gay persoon was nie. As jou hart aan die Here behoort sal jy eendag aan sy voete sit.

Geborg

Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top