Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Kleinmond

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar

Sluitingsdatum: 31 Maart 2016.

Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord.

GEMEENTEPROFIEL:

Die gemeente met sy 2 107 belydende lidmate is geleë tussen Hermanus en Gordonsbaai. Die gemeentegrense strek van Rooi-els in die weste tot by Arabella in die ooste en sluit die dorpe Rooi-els, Pringlebaai, Bettysbaai en Kleinmond in.

Die lidmate sluit ’n groot aantal afgetredenes in en 60% van die lidmate is ouer as 60 jaar.

VERGOEDING:

Die vergoedingspakket is soos bepaal deur die Sinode van Wes-en-Suid-Kaap. Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie.

AANSOEKE:

Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV van hoogstens drie bladsye met die name en kontakbesonderhede van ten minste drie referente en per e-pos gestuur word aan nelineburger@gmail.com

Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud.

SLUITINGSDATUM: Donderdag 31 Maart 2016.

DIENSAANVAARDING: 1 Junie 2016 of so spoedig moontlik daarna.

NAVRAE

Daan Botha | 028 272 9139 of 083 305 8147 of botha.ria13@gmail.com

Nienie Burger | 028 271 3470 of 083 757 0806 of nelineburger@gmail.com

Die kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.