Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Kleinmond

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar

Sluitingsdatum: 31 Maart 2016.

Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord.

GEMEENTEPROFIEL:

Die gemeente met sy 2 107 belydende lidmate is geleë tussen Hermanus en Gordonsbaai. Die gemeentegrense strek van Rooi-els in die weste tot by Arabella in die ooste en sluit die dorpe Rooi-els, Pringlebaai, Bettysbaai en Kleinmond in.

Die lidmate sluit ’n groot aantal afgetredenes in en 60% van die lidmate is ouer as 60 jaar.

VERGOEDING:

Die vergoedingspakket is soos bepaal deur die Sinode van Wes-en-Suid-Kaap. Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie.

AANSOEKE:

Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV van hoogstens drie bladsye met die name en kontakbesonderhede van ten minste drie referente en per e-pos gestuur word aan nelineburger@gmail.com

Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud.

SLUITINGSDATUM: Donderdag 31 Maart 2016.

DIENSAANVAARDING: 1 Junie 2016 of so spoedig moontlik daarna.

NAVRAE

Daan Botha | 028 272 9139 of 083 305 8147 of botha.ria13@gmail.com

Nienie Burger | 028 271 3470 of 083 757 0806 of nelineburger@gmail.com

Die kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top