Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: twee jaar vastetermyn-leraarspos wat met onderlinge ooreenkoms verleng kan word
Sluitingsdatum: 14 Maart 2016.
GEMEENTEPROFIEL: Modderrivier-Ritchie is ’n tipiese klein plattelandse gemeente in die Noord-Kaap met 220 belydende en 40 dooplidmate, en is sowat 30 km suid van Kimberley geleë naby die N12. Die lidmate is oor ’n wye spektrum van die ekonomie bedrywig, wat dit moontlik maak om die gemeente finansieel bevredigend in stand te hou. Benewens die maandelikse dankoffers vind daar jaarliks ’n spesiale 10de dankoffer geleentheid plaas, word ’n basaar gehou en ’n gholfdag aangebied. Die vorige leraar het voor sy aftrede die gemeente vir sowat ses jaar met oorgawe gedien en gelei. Onder sy bediening is die gemeente gestabiliseer en het dit geestelik gegroei.
LERAARSPROFIEL: Daar bestaan ’n behoefte aan ’n leraar wat die groeiproses kan voortsit, met die spesifieke doel om die potensiële getallegroei in die gemeente te ontsluit,om weer ʼn permanente aanstelling te kan maak. Die suksesvolle kandidaat verrig sy/haar dienswerk in die gemeente:
- As ’n Geesvervulde, gelegitimeerde leraar, wat die evangelie Skrifgetrou verkondig en die gereformeerde belydenis van die kerk onderskryf.
- Deur sy/haar voorbeeld die gemeente te begelei tot geestelike groei en diensbaarheid in die koninkryk.
- Ingevolge Art 9 van die Kerkorde.
- As ’n dienskneg wat bekwaam en gewillig is om verhoudinge te skep met alle mense, en hulle deel te laat word van die liggaam van Christus.
VERGOEDING: In ooreenstemming met die sinodale riglyne: Skaal 1.
AANSOEKE:
- Moet vergesel wees van ’n bondige CV, wat twee verwysings insluit, asook die vroegste datum waarop diens aanvaar kan word, sou die aansoek suksesvol wees.
- Moet bereid wees om op koste van die gemeente ’n erediens waar te neem, waarna ’n onderhoud gevoer sal word.
- Emeritusleraars is welkom om aansoek te doen.
- Sluitingsdatum van aansoeke: 14 Maart 2016.
- Alle aansoeke moet per e-pos gestuur word na: nngmodderrivierritchie@gmail.com
NAVRAE: Telefonies by leierouderling Badie Badenhorst: 083 657 2314.
Die kerkraad behou haarself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.