Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Orrelis
Sluitingsdatum: 31 Maart 2016.
Vishoek is geleë aan die Suid-Skiereiland van die Wes-Kaap en die gemeente het ’n lidmaattal van 900. Ons gemeente is op soek na ’n geroepe orrelis wat die Here met sy/haar gawes in ons gemeente wil dien. Die gemeente het ’n lang geskiedenis van heerlike samesang met die orrel en die kerkkoor as ’n integrale deel van die gemeente. Die gemeente hou formele en informele eredienste. Die orrelis is slegs verantwoordelik vir die formele eredienste.
DIE KANDIDAAT MOET AAN DIE VOLGENDE VEREISTES VOLDOEN:
- Ervaring in pyporrelbegeleiding.
- Moet gemaklik in ’n span kan werk.
- Aanvaar verantwoordelikheid vir orrelbegeleiding by formele eredienste op Sondae soos op die kerkprogram aangedui, asook gedurende eredienste by kerklike feesdae soos verlang.
- Begeleiding by begrafnisse en troues soos vooraf gereël.
- Begeleiding by spesiale kerklike of gemeentelike geleenthede.
- Die afrigting en begeleiding van die koor.
- Bywoning van opknappingskursusse in kerkmusiek en ander relevante geleenthede word aangemoedig.
Vergoeding op navraag beskikbaar.
Die aansoeker moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en oudisie. Aansoeke sluit Donderdag 31 Maart 2016 en posaanvaarding is vanaf 1 Mei 2016.
Rig jou navrae en/of aansoeke aan me Corné Voss.
E-posadres: kerkkantoor@ngvishoek.co.za