Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Jeugleraar
Sluitingsdatum: 11 April 2016.
Gemeenteprofiel:
Stellenberg-gemeente is ’n makro-gemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad en bestaan uit 4 200 belydende en 1 450 dooplidmate. Die gemeente se droom is: “Om uit te reik oor alle grense” en word uitgeleef deur die volgende waardes: nader aan God, nader aan mekaar, maak ’n verskil in die wêreld en vernuwe voortdurend.
Pligte:
Die jeugleraar is oorhoofs verantwoordelik vir alle aktiwiteite vir die jeug asook jongwerkendes en studente. Dit sluit onder meer kategese, kampe, jeuguitreike, jeugpastoraat, jeugdienste, jeugprojekte en ’n bepaalde fokus op gesinsbediening in.
Vergoeding: Salaris volgens die sinodale skaal vir predikante.
Aansoeke:
’n CV met drie verwysings kan per e-pos aan Marguerite Bester, stellenberg@stellenberg.co.za gestuur word.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 April 2016.
Diensaanvaarding: 1 Julie 2016.
Navrae:
Ds Marius Breytenbach, marius@stellenberg.co.za of 082 376 6053.