Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Namibië besin oor verhouding met Algemene Sinode

Die NG Kerk in Namibië gaan herbesin oor sy funksionering en oor sy bande met die Algemene Sinode.

Die kerk se sinode het ‘n taakspan van agt lede aangewys wat ” ’n proses van besinning, raadpleging en besluitneming oor die toekomstige funksionering van die NGKN” moet begelei. Hulle moet binne vier maande terugvoer gee aan die moderamen wat die saak verder moet hanteer.

Die taakspan moet onder meer aandag gee aan breë ekumeniese verhoudinge, byvoorbeeld met die Algemene Sinode. Hulle moet ook kyk na plaaslike strukturering, teologiese opleiding en nuwe Reformatoriese geloofsgemeenskappe.

Ds Clem Marais, skriba van die sinode, het by navraag gesê daar is lank reeds ‘n gevoel in Namibië dat die verband met die Algemene Sinode aandag moet kry. Hy sê daar is ‘n sterk gevoel dat dit nie afskeiding moet wees nie, maar wel herskikking.

Die taakspan wat die opdrag gekry het, bestaan uit drr. André Olivier (sameroeper), Manus Olivier, De Wet Strauss, Jan Woest en di Dirk de Vos, Johannes de Koning, Johannes Maritz en Thijs van der Merwe.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top