Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE ALGOAPARK

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Termynbepaalde Leraarspos (Drie Jaar)

Sluitingsdatum: 29 April 2016.

Die Algoapark gemeente is geleë te Port Elizabeth in die Oos-Kaapprovinsie. Die gemeente het ongeveer 489 belydende en 52 dooplidmate. Sommige van die lidmate kom uit ander woonbuurtes in die stad en skakel geruime tyd reeds by ons in. Die gemeente is relatief klein, maar ons is ’n gemeente wat kan saam werk en ook vir mekaar omgee. Daar is een tehuis vir bejaardes in ons area sowel as twee afsonderlike aftree-oorde.

Daar is ook twee laerskole en een hoërskool in die omgewing. Die visie van ons gemeente is om medegelowiges op te bou, te bemoedig en toe te rus deur middel van ’n sterk netwerk van ondersteuning en gebed en om ons gemeente geestelik en fisies te laat groei.

LERAARSPROFIEL:

Die gemeente sien daarna uit om ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk (of proponent), wat die Here Jesus baie liefhet en met toewyding dien, as leraar te ontvang. Hy/sy moet (met Kerkorde Artikel 9 as agtergrond):

  • die evangelie met vreugde, erns en vrymoedigheid bedien;
  • slegs een erediens op ’n Sondagoggend en Bybelstudie een keer per week doen;
  • gemaklik wees in die alledaagse interaksie, met ’n gevoelige hart vir mense (veral ons ouer lidmate) in verskillende lewenstadiums en -omstandighede (jeug tot bejaard);
  • moeite doen om mense pastoraal by te staan;
  • tuisbesoeke te doen;
  • met lede van die kerkraad saam te werk en saam te beplan;
  • hospitaalbesoeke aan gemeentelede en familie;
  • om groei en ontwikkeling van die gemeente te verseker;
  • om ’n aktiewe jeugbeweging tot stand te bring en volhoubaarheid te verseker.

VERGOEDING:

Die totale vergoedingspakket sal op aanvraag beskikbaar gestel word.

Gratis huisvesting, water en elektrisiteit ingesluit.

AANSOEKE: Aansoeke moet vergesel wees van ’n CV met die name van drie referente.

SLUITINGSDATUM: 29 April 2016.

DIENSAANVAARDING: Pos is onmiddellik beskikbaar. Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud.

NAVRAE kan gerig word aan:

1) Joanie Wright (Skriba/Kassier), Posbus 11032, Algoapark, Port Elizabeth  of

2) Tydens kantoorure op Maandag- en Donderdagoggende vanaf 08:30-11:00 by tel: 041 452 3035, of

3) Gedurende die res van die tyd kan sy gekontak word by: 041 368 2318 of 082 472 9638. E-posadres van gemeente is: ngkalgoapark@telkomsa.net

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top