Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE BARKLY-OOS

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Termynbepaalde Pos (Kontrakpos)

Sluitingsdatum: 29 April 2016.

Gemeenteprofiel:

Die NG gemeente Barkly-Oos is suid van Lesotho in die skilderagtige suidelike Drakensberge geleë sowat 115 km oos-suidoos van Aliwal-Noord. Dit is ’n landbou-omgewing met toerismepotensiaal. Forelhengel, bergfietsry en ski is van die gewilde sportsoorte in die omgewing. Sowat 263 belydende en 90 dooplidmate is deel van die gemeente. Die gemeente het twee bedieningspunte, nl Barkly-Oos en Rhodes.

TERMYNBEPAALDE POS:

Die kerkraad het besluit om na emeritaat van die huidige leraar ’n leraar aan te stel in ’n termynbepaalde kontrakpos vir ’n periode van twee jaar met ’n opsie om dit met een jaar te verleng.

Van die leraar word verwag om die gemeente te bedien soos beskryf in Artikel 9 van die kerkorde.

LERAARSPROFIEL: ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk.

VERGOEDING:

Vergoeding sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Gratis huisvesting word voorsien.

BESKIKBAARSTELLING:

Leraars wat in die pos belangstel, word versoek om die volgende aan die kerkraad voor te lê. ’n Tersaaklike CV, kontakbesonderhede van twee referente. Onderhoude mag met  kandidate gevoer word.

POSADRES: Pre-Advies, NG Kerk Barkly-Oos, Posbus 100, Barkly-Oos 9786.

E-POS: ngkerkbo@telkomsa.net

NAVRAE: 

Voorsitter van die Kerkraad: Oudl Koos Jordaan 082 429 7815,

Saakgelastigde: Christien Neethling, 045 971 0027 of 082 422 6677.

SLUITINGSDATUM: Vrydag 29 April 2016.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top