Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
PSD: Teologiese Navorsing (Stellenbosch)
Sluitingsdatum: voor 5 Mei 2016.
Die Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) maak die vakature vir ’n PSD in die Diensgroep Toerusting bekend en nooi alle belangstellendes wat daartoe geroepe voel om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel.
Die PSD: Teologiese Navorsing is onder andere verantwoordelik vir:
- Leiding neem ten opsigte van teologiese navorsing vir die sinode met betrekking tot leerstellige, etiese, ekklesiologiese en prakties-teologiese kwessies;
- Opstel en koördinering van studiestukke en verslae vir die Taakspan Leer en Aktuele Sake;
- Die uitbou van ’n netwerk vir navorsing en skep van navorsingspanne;
- Hantering van navrae oor besluite, standpunte en beleid van die kerk;
- Skakeling en netwerkvorming met akademici en navorsers;
- Die verlening van ondersteuning aan die Kuratorium vir skakeling met dosente en met die oog op die beoordeling van die kurrikulum van die Fakulteit Teologie en die aanvullende kurrikulum van die Seminarium;
- Die skribaat van die Taakspan Leer en Aktuele Sake;
- Toepaslike werksaamhede van die Algemene Sinode soos aangedui in die ooreenkoms tussen die NG Kerk in SA en die Algemene Sinode.
Die ideale kandidaat is ’n gelegitimeerde bedienaar van die Woord wat aan die volgende vereistes voldoen:
- Beskik oor ’n nagraadse kwalifikasie, verkieslik ’n doktorsgraad in Sistematiese Teologie.
- Genoegsame tegniese kennis en vaardighede ten opsigte van leerstellige en praktykgerigte kerklike navorsing.
- Moet netwerke met akademici, leraars van die NG Kerkfamilie en ekumeniese vennote sowel as teologiese studente kan vorm.
- Beskik oor voldoende gemeentebedieningsondervinding.
- ’n Samewerkende en deelnemende bestuurstyl.
- Bewese en uitstekende kommunikasie- en taalvaardighede.
Vergoedingspakket: Volgens sinodale riglyne.
Rig ’n volledige CV voor 5 Mei 2016 aan:
Die Bestuurder: Menslike Hulpbronne (Kenny Raats), NG Kerk in SA, Privaatsak X8, Bellville 7535.
E-pos: ngkadmin@kaapkerk.co.za/021 957 7104.
Persoonlike navrae kan gerig word aan die voorsitter van die taakspan (ds Heerden van Niekerk) by 083 701 7011 óf die Diensgroepkoördineerder (dr Frederick Marais) by 083 380 1657.